Soorte resepte:

Resep: Dadelbroodjie met ‘tipsy’ botter

Foto: Kokkedoor2

Foto: Kokkedoor2

Die tradisionele dadelbroodjie kruis hier met Kaapse brandewyntert.

Dadelbroodjie

Bestanddele

  • 1 geskilde lemoen
  • 375 ml gekapte dadels
  • 125 ml neute (enige soort), fyngekap
  • 5 ml neutmuskaat
  • 5 ml fyn kaneel
  • 30 ml brandewyn
  • 500 ml amandelmeel
  • 6 eiers

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ‘n brood­pannetjie met bakpapier uit en smeer die bak­.
  2. Kook die lemoen heel in water tot sag en maak dit dan fyn.
  3. Meng die lemoenpulp met die res van die bestanddele behalwe die eiers.
  4. Klits die eiers goed en vou dit by die dadel­mengsel in.
  5. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak sowat 1 uur lank tot gaar.
  6. Laat 10 minute in die pan afkoel en keer dan uit op ‘n draadrak.

‘Tipsy’ botter

Bestanddele

  • 125 ml water
  • 125 ml brandewyn
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml gekapte dadels
  • 120 ml strooisuiker
  • 250g botter

Metode:

  1. Verhit die water en brandewyn tot kookpunt.
  2. Voeg die koeksoda en dadels by die bran­dewynwater en prut oor lae hitte tot die dadels sag is.
  3. Laat die mengsel afkoel.
  4. Klits die strooisuiker en botter, voeg die dadelmengsel daarby en meng goed.
  5. Smeer die ‘tipsy’ botter dik op snye dadel­brood.

Bron: Kokkedoor 2 – Versamelresepte saamgestel deur Errieda du Toit.
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.