Die tradisionele dadelbroodjie kruis hier met Kaapse brandewyntert.
Dadelbroodjie
Bestanddele
- 1 geskilde lemoen
- 375 ml gekapte dadels
- 125 ml neute (enige soort), fyngekap
- 5 ml neutmuskaat
- 5 ml fyn kaneel
- 30 ml brandewyn
- 500 ml amandelmeel
- 6 eiers
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ‘n broodpannetjie met bakpapier uit en smeer die bak.
- Kook die lemoen heel in water tot sag en maak dit dan fyn.
- Meng die lemoenpulp met die res van die bestanddele behalwe die eiers.
- Klits die eiers goed en vou dit by die dadelmengsel in.
- Skep die beslag in die voorbereide pan en bak sowat 1 uur lank tot gaar.
- Laat 10 minute in die pan afkoel en keer dan uit op ‘n draadrak.
‘Tipsy’ botter
Bestanddele
- 125 ml water
- 125 ml brandewyn
- 5 ml koeksoda
- 250 ml gekapte dadels
- 120 ml strooisuiker
- 250g botter
Metode:
- Verhit die water en brandewyn tot kookpunt.
- Voeg die koeksoda en dadels by die brandewynwater en prut oor lae hitte tot die dadels sag is.
- Laat die mengsel afkoel.
- Klits die strooisuiker en botter, voeg die dadelmengsel daarby en meng goed.
- Smeer die ‘tipsy’ botter dik op snye dadelbrood.
Bron: Kokkedoor 2 – Versamelresepte saamgestel deur Errieda du Toit.
Uitgewer: Human & Rousseau