Maroela Media-leser Rochelle Carstens het hierdie resep 40 jaar gelede in ʼn tydskrif gekry.
“Ek het dit nou al honderde kere gebak. Deesdae is die dadels bietjie duur, maar sodra ek dadels kry wat nie te duur is nie, bak ek dit graag. Dit is regtig heerlik saam met ʼn koppie tee,” het sy gesê.
Bestanddele:
- 875 g koekmeel
- 300 g suiker
- 450 g margarien
- 3 groot eiers of 4 kleiner eiers
- 250 ml melk (of helfte water, helfte melk)
- 500 g dadels
- 20 ml bakpoeier
- 3 ml sout
- 5 ml vanielje
Metode:
- Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam.
- Vryf die margarien in meelmengsel in.
- Meng suiker en gekapte dadels saam en hou dit eenkant.
- In ʼn aparte bak, klits eiers saam met die vanielje en ʼn gedeelte van die melk.
- Voeg dadel-en-suiker-mengsel by meelmengsel en voeg dan die eiermengsel by. Gooi ook die res van die vloeistof by en roer.
- Sit lepels vol beslag op gesmeerde bakplaat.
- Bak vir +/- 20 minute op 180 °C. Sodra dit begin ligbruin raak, is dit gaar. Baktyd hang af van grote van hopie deeg.
Stuur vir ons jóú familieresep hier.