Heerlike dadelvingers om aan te peusel!
Bestanddele:
- 500 g (± 700 ml) dadels
- 15 g botter
- 250 ml water
- 5 ml gemaalde kaneel
- mespunt gemaalde naeltjies
- 15 ml suurlemoensap
- 2,5 ml sout
- 5 ml vanieljegeursel
KORS
- 140 g (250 ml) koekmeelblom
- 200 g (500 ml) hawermout, in die hand fyn gedruk
- 25 g (60 ml) klapper
- 5 ml sout
- 5 ml koeksoda
- 220 g (250 ml) bruinsuiker
- 125 g (140 ml) botter
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Snipper die dadels fyn en kook al die bestanddele, behalwe die vanieljegeursel, vir ʼn paar minute saam tot die dadels geblus is en ʼn pap vorm.
- Haal van die plaat af en voeg die vanieljegeursel by. Meng goed deur.
KORS
- Meng die droë bestanddele saam en vryf die botter in tot dit soos krummels lyk.
- Smeer ʼn koekpan (25 x 35 cm) en bestrooi liggies met meel.
- Neem die helfte van die krummels, druk dit bymekaar in stukke en rasper dit met ʼn growwe rasper egalig oor die boom van die pan.
- Druk dit mooi gelyk en plat met handpalms wat in meel gedruk is.
- Versprei dan die warm dadelmengsel egalig daaroor en rasper die orige helfte van die deeg bo-oor.
- Druk dit effens gelyk en plat.
- Bak vir ongeveer 30-35 minute of tot goudkleurig.
- Sny in repe van 3,5 x 5 cm, wanneer dit afgekoel het.
Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa