Soorte resepte:

Resep: Dadelvingers

Dadelvingers (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike dadelvingers om aan te peusel!

Bestanddele:

  • 500 g (± 700 ml) dadels
  • 15 g botter
  • 250 ml water
  • 5 ml gemaalde kaneel
  • mespunt gemaalde naeltjies
  • 15 ml suurlemoensap
  • 2,5 ml sout
  • 5 ml vanieljegeursel

KORS

  • 140 g (250 ml) koekmeelblom
  • 200 g (500 ml) hawermout, in die hand fyn gedruk
  • 25 g (60 ml) klapper
  • 5 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 220 g (250 ml) bruinsuiker
  • 125 g (140 ml) botter

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Snipper die dadels fyn en kook al die bestanddele, behalwe die vanieljegeursel, vir ʼn paar minute saam tot die dadels geblus is en ʼn pap vorm.
  3. Haal van die plaat af en voeg die vanieljegeursel by. Meng goed deur.

KORS

  1. Meng die droë bestanddele saam en vryf die botter in tot dit soos krummels lyk.
  2. Smeer ʼn koekpan (25 x 35 cm) en bestrooi liggies met meel.
  3. Neem die helfte van die krummels, druk dit bymekaar in stukke en rasper dit met ʼn growwe rasper egalig oor die boom van die pan.
  4. Druk dit mooi gelyk en plat met handpalms wat in meel gedruk is.
  5. Versprei dan die warm dadelmengsel egalig daaroor en rasper die orige helfte van die deeg bo-oor.
  6. Druk dit effens gelyk en plat.
  7. Bak vir ongeveer 30-35 minute of tot goudkleurig.
  8. Sny in repe van 3,5 x 5 cm, wanneer dit afgekoel het.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.