Soorte resepte:

Resep: Donkersjokolade-torte

Donkersjokolade-torte (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie sjokolade-torte is met een woord: dekadent.

Lewer 1 groot torte

Bestanddele

  • 1 eier
  • 30 ml (2 e) suiker
  • 45 ml (3 e) koekmeel, gesif
  • 15 ml (1 e) kakao
  • 20 ml (4 t) gesmelte botter
  • 20 ml (4 t) gelatien
  • 60 ml ( 4 e) koue water
  • 90 ml (6 e) strooisuiker
  • 350 ml (1 ⅖ k) kookwater
  • 450 g donkersjokolade, verkieslik 70%-kakao
  • 600 ml (2 ⅖ k) room
  • styfgeklitste room
  • ʼn goeie skeut brandewyn
  • vars bessies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n losboom­koekpan.
  2. Klits die eier goed en voeg dan die suiker by. Klits hierdie mengsel oor warm water tot dit baie dik is. Haal dit van die water af en klits tot dit afgekoel het.
  3. Vou die koekmeel, kakao en gesmelte botter versigtig in.
  4. Skep die mengsel in die pan en bak dit vir 8 tot 10 minute. Laat dit afkoel.
  5. Strooi die gelatien oor die koue water en laat dit staan tot dit sponserig word. Verhit dit in die mikrogolfoond tot dit helder en vloeibaar is (ongeveer 45 sekondes op mediumkragverstelling).
  6. Verhit die strooisuiker en kookwater saam en kook dit 5 minute lank. Roer die gelatien by. Verkoel.
  7. Smelt die sjokolade oor warm water, of in die mikrogolfoond teen laekragverstelling. Roer tot dit heeltemal gesmelt en vloeibaar is.
  8. Meng die suikerwater en gesmelte sjokolade deeglik en laat dit afkoel totdat dit begin verdik.
  9. Klits die room totdat sagte punte vorm en vou die afgekoelde sjokolade in.
  10. Giet die sjokolademengsel op die koeklaag in die pan en verkoel dit vir ten minste 6 uur. Bedien dit met brandewyngegeurde room en vars bessies.

VARIASIES

  • Vat kortpad en maak ʼn krummelkors van fyn gerolde sjokoladekoekies en gesmelte botter.
  • Drup sjokolade-ganache oor die torte: Smelt 250 g sjokolade saam met ʼn klontjie botter en voeg 250 ml (1 k) room of suurroom by. Roer tot die mengsel glad is.

Bron: Vallei van melk en heuning deur Riana Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.