Soorte resepte:

Resep: Donkersjokoladekoekies

Donkersjokoladekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Geurig, diep en donker, net reg vir die winter!

Maak ongeveer 25 koekies

Bestanddele

  • 210 g (375 ml) koekmeelblom
  • 70 g (180 ml) kakao
  • 330 g (375 ml) sagte bruinsuiker
  • 150 g donkersjokolade, gekap
  • 180 g (200 ml) botter
  • 3 eiers, geklits
  • 260 g (375 ml) sjokoladebrokkies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Sif die meel en kakao saam en voeg die suiker by.
  3. Smelt die donkersjokolade en botter saam in ʼn mikrogolfoond en roer tot glad.
  4. Voeg die bottermengsel en eiers by die meelmengsel en roer tot goed gemeng.
  5. Roer die sjokoladebrokkies by.
  6. Vorm in balletjies en plaas op gesmeerde bakplate met genoeg spasie tussenin.
  7. Bak vir ongeveer 12 minute en laat op die bakplaat afkoel.

Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nadia ·

Sorry… Dit mag dalk ñ baie dom vraag wees…. Maar wat is sjokoladebrokkies.
….

Janie Monsieur ·

Dagsê Nadia,
Dankie vir jou kommentaar! Dit is glad nie ‘n dom vraag nie! Sjokoladebrokkies is soos ons in Engels ken “chocolate chips”. Ons verwys soms ook daarna as “sjokoladekrummels”. Ek hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.