Soorte resepte:

Resep-video: Maklike oond-kaaskoekies

Maklike oond-kaaskoekies (Foto: Janie Monsieur)

Ons vier Kaaskoekdag. Geniet!

Bestanddele

  • 1 pakkie tennisbeskuitjies
  • ⅓ koppie suiker
  • 100 g botter, gesmelt
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 x 230 g houer ongegeurde roomkaas
  • ¼ k suurlemoensap
  • bloubessies vir versiering

Metode

  1. Maak die tennisbeskuitjies baie fyn en meng dit met die suiker en gesmelte botter om ’n kors te vorm. Skep dit in ’n groot tertpan of in 12 klein muffinpannetjies en druk dit met jou vingers vas. Bak vir 7-10 minute.
  2. Meng die kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap goed saam, sodat dit ʼn gladde beslag vorm.
  3. Gooi die roomkaasmengsel oor die kors en bak vir 15-20 minute by 180 °C
  4. Versier met bloubessies of aarbeie en geniet.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

IZAAN ·

HOEKOM MOET JY DIT BAK? SAL HY NIE “SET” MET DIE SUURLEMOENSAP WAT IN DIE KAASKOEK IS NIE? AS JY HOM LANK GENOEG IN DIE YSKAS HOU?

Tanya ·

Ek stem saam, dit kom wonderlik uit sonder die gebak, maar bly ‘n persoonlike keuse.

Katerina ·

Ek maak myne so: 4 houertjies gewone (plain) roomkaas, 1 blik kondensmelk, 1 klein houertjie aarbei of suurlemoen jogurt. Bietjie suurlemoen essens ook vir laasgenoemde. Meng in voedselverwerker of met elektriese klopper. Plaas op basis van beskuitjies wat vooraf met bietjie gesmelte botter gemeng is.

Ek meng gewoonlik Tennis beskuitjies met Nutty Crust beskuitjies maar dis maar net my persoonlike voorkeur. Garneer met aarbeie vir aarbei tert of bloubessies vir suurlemoen.

Los in yskas tot gestol.

Dan kan mens ook die beskuitjie basis maak uit verfynde Chocolate Digestive koekies, vir die bolaag vervang die jogurt met so 6 eetlepels grondboontjiebotter en bietjie vanielje essens. Garneer met Bar-One in dun skyfies gesny,en druk die skyfies so effens in die mengsel. Plaas in yskas tot gestol.Kinders is baie lief vir hierdie tert.

Katerina ·

En vir die Bar One grondboontjie tert, moenie skaam wees met die Bar Ones nie.Ek pak die mengsel tjokvol,maak dit soeter vir die kinders.

Amber ·

Katerina, daai resep van jou klink ongelooflik lekker. Maroela kan by jou n ding of twee leer. MM se kaaskoek reseppie kort n bietjie geur.

Katerina ·

Baie dankie Amber:-)! Ja my kinders smeek my gereeld om dit te maak vir nagereg as ons saam vergader om te braai. Bietjie duur, die roomkaas is die duur bestandeel. Maar ek probeer dit darem ten minste een of twee keer elke maand te maak.

adele ·

Voeg hierby ook 250ml suur room of vars room en bak dan. Hy is baie lekkerder en meer romerig met die room en ook as hy gebak word. Koel af na gebak is vir so 6ure in yskas. Onverbeterlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.