Soorte resepte:

Resep: Familiekoekies

Familiekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié koekies is ’n gunsteling onder die hele familie!

Bestanddele

  • 167 g (300 ml) koekmeelblom
  • 5 ml sout
  • 100 g (120 ml) botter
  • 175 g (200 ml) suiker
  • 1 eier
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 3 ml koeksoda, opgelos in
  • 25 ml water
  • 50 g (125 ml) pekanneute, gekap
  • 90 g (125 ml) graanvlokkies
  • 75 g (± 125 ml) dadels, gekap
  • 37 g (60 ml) pitlose rosyne

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Sif die meel en sout saam in ’n mengbak.
  3. Klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eier en vanieljegeursel asook die koeksoda en water by.
  4. Roer al die droë bestanddele by en meng goed.
  5. Rol balletjies, plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat en druk effe plat met ’n vurk.
  6. Bak vir 8-10 minute en laat afkoel.

Wenk: Die deeg kan vooraf aangemaak word. As die deeg ’n rukkie gestaan het, sal dit meer hanteerbaar wees.

 

Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitestandeer ·

Nie familiekoekies nie maar ontbytkoekies.
Ek verkies nog warm ontbyt pap!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.