Soorte resepte:

Resep: Florentynse koekies

Florentynse koekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié koekies kry donkersjokolade bo-op, wat  ʼn verruklike smaakdimensie daaraan verleen!

Lewer 42 koekies

Bestanddele

  • 130 g (150 ml) suiker
  • 125 ml vars room
  • 40 g botter of margarien
  • 200 g (335 ml) gepelde amandels, fyn gekap
  • 40 g (60 ml) glanskersies, gekap
  • 140 g (180 ml) spesiale klam vrugtekoekmengsel (in doos of fles)
  • 50 g (100 ml) koekmeelblom, gesif

BOLAAG

  • 250 g donkersjokolade, gesmelt

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °
  2. Meng die suiker, room en botter of margarien in ’n swaarboomkastrol. Roer om die suiker op te los en verhit stadig tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die res van die bestanddele by.
  3. Skep teelepels vol (5 ml) van die mengsel ver genoeg uiteen op gesmeerde bakplate sodat dit kan versprei. Druk dit effens plat met ’n nat vurk.
  4. Bak vir 7 minute en verwyder uit die oond. Gebruik ’n drukker van 50 mm in deursnee en plaas dit bo-oor elke koekie om die rande netjies na die binnekant te druk.
  5. Bak vir nog 7 minute lank of tot goudbruin. Laat dit ’n rukkie op die bakplate staan. Plaas dan op draadrakkie en laat heeltemal afkoel.

BOLAAG

  1. Smeer die gesmelte sjokolade eweredig oor die onderkante van die koekies.
  2. Wanneer die sjokolade halfpad gestol het, trek patrone met ’n vurk of koekversierkammetjie daarop. Laat stol.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.