Soorte resepte:

Resep: Gebakte groente

Gebakte groente (Foto: Lapa-uitgewers)

Gebakte groente is nommerpas saam met enige vleisgereg óf braaivleis. Beproef dié resep om behoorlik te onthaal!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 24 aartappeltjies, ongeskil en gehalveer
  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
  • 125 g (½ pakkie) spek, fyngekap
  • 300 g (1 pakkie) groenboontjies, punte afgesny en in stukkies gesny
  • 4 grasuie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 g (½ pakkie) gevlokte amandels
  • paar klontjies botter
  • 2 skywe fetakaas, in klein blokkies gesny

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Plaas aartappels in oondbak en sprinkel bietjie olie bo-oor. Bak vir 30 minute terwyl res van groente voorberei word.
  3. Verhit olie in kastrol en soteer uie, knoffel en spek daarin tot gaar.
  4. Voeg boontjies by en soteer vir 10 minute.
  5. Skep boontjiemengsel by aartappels sodra dit gaar is.
  6. Sprinkel grasuie, sout, peper en amandels bo-oor en roer deur.
  7. Stip met klontjies botter en bak vir 20 minute.
  8. Sprinkel kaas bo-oor en bak vir nog 10 minute.
  9. Sit dadelik voor.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wouters ·

Hoe kan dit n groentegereg wees as bacon een van die bestanddele is? Laas toe ek gekyk het was bacon van die dier vark gemaak…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.