Gebakte groente is nommerpas saam met enige vleisgereg óf braaivleis. Beproef dié resep om behoorlik te onthaal!
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 24 aartappeltjies, ongeskil en gehalveer
- bietjie olie
- 2 uie, gekap
- 5 ml (1 t) gekapte vars knoffel
- 125 g (½ pakkie) spek, fyngekap
- 300 g (1 pakkie) groenboontjies, punte afgesny en in stukkies gesny
- 4 grasuie, fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 50 g (½ pakkie) gevlokte amandels
- paar klontjies botter
- 2 skywe fetakaas, in klein blokkies gesny
Metode
- Stel oond op 180 °C.
- Plaas aartappels in oondbak en sprinkel bietjie olie bo-oor. Bak vir 30 minute terwyl res van groente voorberei word.
- Verhit olie in kastrol en soteer uie, knoffel en spek daarin tot gaar.
- Voeg boontjies by en soteer vir 10 minute.
- Skep boontjiemengsel by aartappels sodra dit gaar is.
- Sprinkel grasuie, sout, peper en amandels bo-oor en roer deur.
- Stip met klontjies botter en bak vir 20 minute.
- Sprinkel kaas bo-oor en bak vir nog 10 minute.
- Sit dadelik voor.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa
Hoe kan dit n groentegereg wees as bacon een van die bestanddele is? Laas toe ek gekyk het was bacon van die dier vark gemaak…