Daar is min goed so lekker soos sagte sagopoeding met soetsuur konfyt en ʼn goudbruin meringue.
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 3 k (750 ml) Clover UHT-volroommelk
- 1 k (250 ml) Clover-room
- 1 k (160 g) sago
- ½ t (2 ml) sout
- ½ t (2 ml) neutmuskaat
- ½ k (100 g) suiker
- ½ k (85 g) Clover Mooi River-botter
- 1 t ( 5 ml) vanieljegeursel
- 4 eiers, geskei
- ¼ k (60 g) aarbei- of appelliefiekonfyt
- ½ k (105 g) strooisuiker
Metode
- Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ʼn 1,5 liter-oondbak.
- Meng die melk en room in ʼn kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Roer die sago, sout en neutmuskaat deur.
- Verlaag die hitte en prut liggies vir 15 tot 20 minute of tot die sago deurskynend is.
- Roer die suiker, botter en vanieljegeursel deur die sagomengsel en laat dit afkoel.
- Klits die eiergele liggies en roer deur die sagomengsel.
- Skep die sago in die voorbereide oondbak en bak vir 15 tot 20 minute.
- Plaas die eierwitte in ʼn deeglik skoon en droë bak en klits tot sagte punte vorm. Klits aanhoudend terwyl die versiersuiker geleidelik by die meringue gevoeg word. Klits aanhoudend tot alles goed gemeng en die meringue styf en glansend is.
- Verwyder die poeding uit die oond en smeer die konfyt oor die sagobasis. Skep die meringue bo-oor en bak vir 20 tot 25 minute of tot die poeding gestol en die meringue goudbruin is.
Bron: Gunsteling-poedings
Uitgewer: Lapa
Hoeveel VERSIERSUIKER moet by die eierwitte geklits word? Die bestanddele lys het twee hoeveelhede suiker 100 g SUIKER en 105 g STROOISUIKER, maar geen hoeveelheid vir VERSIERSUIKER???
Dink dis n foutjie….moet strooisuiker wees en nie versiersuiker nie.