Soorte resepte:

Resep: Gebakte sagopoeding

Gebakte sagopoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Daar is min goed so lekker soos sagte sagopoeding met soetsuur konfyt en ʼn goudbruin meringue.

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 3 k (750 ml) Clover UHT-volroommelk
  • 1 k (250 ml) Clover-room
  • 1 k (160 g) sago
  • ½ t (2 ml) sout
  • ½ t (2 ml) neutmuskaat
  • ½ k (100 g) suiker
  • ½ k (85 g) Clover Mooi River-botter
  • 1 t ( 5 ml) vanieljegeursel
  • 4 eiers, geskei
  • ¼ k (60 g) aarbei- of appelliefiekonfyt
  • ½ k (105 g) strooisuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ʼn 1,5 liter-oondbak.
  2. Meng die melk en room in ʼn kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Roer die sago, sout en neutmuskaat deur.
  3. Verlaag die hitte en prut liggies vir 15 tot 20 minute of tot die sago deurskynend is.
  4. Roer die suiker, botter en vanieljegeursel deur die sagomengsel en laat dit afkoel.
  5. Klits die eiergele liggies en roer deur die sagomengsel.
  6. Skep die sago in die voorbereide oondbak en bak vir 15 tot 20 minute.
  7. Plaas die eierwitte in ʼn deeglik skoon en droë bak en klits tot sagte punte vorm. Klits aanhoudend terwyl die versiersuiker geleidelik by die meringue gevoeg word. Klits aanhoudend tot alles goed gemeng en die meringue styf en glansend is.
  8. Verwyder die poeding uit die oond en smeer die konfyt oor die sagobasis. Skep die meringue bo-oor en bak vir 20 tot 25 minute of tot die poeding gestol en die meringue goudbruin is.

Bron: Gunsteling-poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Griet ·

Hoeveel VERSIERSUIKER moet by die eierwitte geklits word? Die bestanddele lys het twee hoeveelhede suiker 100 g SUIKER en 105 g STROOISUIKER, maar geen hoeveelheid vir VERSIERSUIKER???

Pensioenaris ·

Dink dis n foutjie….moet strooisuiker wees en nie versiersuiker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.