Soorte resepte:

[Resep] Gebakte souskluitjies

Souskluitjies

Gebakte souskluitjies Foto: Lekker & Vinnig

‘n Tradisionele nagereg. (Uit: Eet saam, GKSA)

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

Stroop

  • 1,5 ℓ water
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 80 ml botter of margarien
  • 10 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn gemmer
  • 3 ml sout
  • 45 ml mielieblom, aangemaak met ʼn bietjie koue water (opsioneel)

Beslag

  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 50 ml botter of margarien
  • 2 eiers, geklits
  • 150 ml melk
  • kaneelsuiker

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Stroop: Kook die stroopbestanddele saam in ʼn kastrol oor matige hitte. Hou 125 ml stroop eenkant en giet die res in ʼn diep bak met ‘n deksel. Hou warm.
  3. Beslag: Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter of margarien daarin.
  4. Meng die eiers en die melk en voeg dit by die meelmengsel. Maak aan tot ʼn skepbare beslag.
  5. Skep lepelsvol in die warm stroop. Strooi kaneelsuiker oor en bedek die bak.
  6. Bak ± 30 minute en haal uit die oond uit.
  7. Giet die 125 ml stroop wat eenkant gehou is, oor. Plaas onbedek terug in die oond en bak nog 10 minute.

Bron: Lekker en Vinnig – Tradisionele kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.