Soorte resepte:

Resep: Gekaramelliseerde uie-focaccia

Gekaramelliseerde uie-focaccia (Foto: Lapa-uitgewers)

Gaan jy die naweek braai? Hier is die perfekte bygereg!

Bestanddele

DEEG

  • 4 k (1 kg) koekmeel
  • 1 x 10 g pakkie kitsgis
  • 1 e (15 ml) suiker
  • 2 t (10 ml) sout
  • 1 t (5 ml) droë roosmaryn
  • 3 e (45 ml) olyfolie

GEKARAMELLISEERDE UIE

  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • 3 e (45ml) Clover Springbok-botter
  • 2 uie, dun gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 t (5 ml) suiker
  • 1 t droë roosmaryn
  • Sout en varsgemaalde peper

BOLAAG

  • ½ k (125 ml) Clover-fetakaas
  • Olyfolie, om te bedruip

Metode

DEEG

  1. Plaas die meel, gis, suiker, sout en roosmaryn in die bak van ’n elektriese menger met ’n deeghaak.
  2. Voeg die olie en net genoeg warm water by en meng teen ’n lae spoed om die mengsel te bind. Knie vir 5 minute met die deeghaak tot glad.
  3. Plaas oor na ’n lig gesmeerde mengbak en bedek met kleefplastiek. Sit eenkant in ’n warm plek om vir 45-60 minute te rys.
  4. Knie die deeg af en verdeel in twee. Rol die deeg in twee ovale uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
  5. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Bedek met ’n vadoek en laat vir 25-30 minute rys. Voorverhit die oond tot 190 °C.
  6. Gebruik ’n houtlepel se steel om duike in die bokant van die deeg te maak. Strooi die fetakaas oor, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
  7. Bak vir 20-30 minute. Rond die foccaccia met die gekaramelliseerde uie af en bak tot goudbruin en bros.

GEKARAMELLISEERDE UIE

  1. Verhit die olyfolie en botter in ’n pan en braai die uie liggies oor ’n lae hitte vir 12-15 minute tot sag.
  2. Voeg die knoffel, suiker en roosmaryn by en braai vir 4-5 minute. Geur met sout en peper. Sit eenkant om af te koel.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.