Soorte resepte:

Resep: Gemmerkoekies

Gemmerkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Daar is darem min dinge so lekker soos ʼn gemmerkoekie wat in ʼn koppie rooibostee gedoop is.

Die deeg kan vooraf aangemaak word en moet verkieslik ʼn paar ure of oornag staan voordat dit uitgerol word.

Bestanddele:

  • sout
  • 1,5 kg (2,6 l) bruismeel
  • 15 ml kremetart
  • 15 ml gemengde speserye
  • 30 g (90 ml) gemaalde gemmer
  • 1 kg (1 175 ml) bruinsuiker
  • 500 g (560 ml) sagte botter
  • 500 g (360 ml) gouestroop
  • 6 groot eiers
  • 15 ml koeksoda, opgelos in 125 ml melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C met die oondrak in die middel.
  2. Sif die eerste vyf bestanddele saam.
  3. Voeg die suiker by en meng goed.
  4. Klits die botter, stroop en eiers saam.
  5. Voeg die koeksoda opgelos in melk by die stroopmengsel en meng goed.
  6. Meng nou die stroop- en-meelmengsel goed saam.
  7. Laat staan die mengsel verkieslik oornag – bedek met botterpapier of plastiek.
  8. Maak balletjies met ʼn balletjiemaker (50 c-grootte) en plaas op gesmeerde bakplate ongeveer 10 cm uitmekaar.

NB: Bak 1 plaat op ʼn slag in die middel van die oond en draai die oond af na 180 °C sodra jy die plaat insteek. Bak vir ongeveer 15-17 minute.

 

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mornay ·

My Ma het altyd die koekies ge bak en aan die tuis nywerheid gesmous
jul MM het my nou baie jare laat terug dink
dankie gaan hom nou self probeer
N.S as hy warm uit die oond uit kom met vlae bo oor is net so lekker

Chris du preez ·

50cm grootte balletjies dit is vreeslik groot. Moet seker baie kleiner wees

Tania Heyns ·

Dagsê Chris du Preez

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die balletjies moet so groot soos ‘n 50c wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Pierre ·

Stap 1 = voorverhit die oond. Meng dan als en laat staan oornag. My krag rekening sal dan darem mooi lyk. Ha ha – groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.