Soorte resepte:

[Resep] Gesondheidsbrood

Foto: Nina se kombuis

Gesondheidsbrood. Foto: Nina se kombuis

Lewer 1 brood

Bestanddele:

  • 750 g growwe meel (Nutty Wheat)
  • 5 ml sout
  • 190 ml muesli van jou keuse (hoe meer neute en vrugte, hoe lekkerder sal jou brood wees)
  • 125 ml rosyne of sultanas
  • 45 ml bruinsuiker
  • 7,5 ml koeksoda
  • 500 ml karringmelk
  • ʼn paar neute en sade vir garnering

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn standaard-broodpan met kleefwerende kossproei.
  2. Meng die droë bestanddele behalwe die koeksoda in ʼn mengbak.
  3. Meng die koeksoda met die karringmelk en voeg by die droë bestanddele.
  4. Skep die deeg in die voorbereide broodpan. Strooi ʼn paar neute of nog muesli oor die brood.
  5. Bak vir 45 – 50 minute of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
  6. Sit voor met roomkaas en groenvye.

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hulda le Roux ·

Het iemand dalk al hierdie gesondheids broodjie gebak? Daar is beslis ‘n fout met die bestanddeel verhoudings – onmengbaar en ek het ge-eindig met ‘n baksteen wat jy sukkel om te sny . Ek sal graag kommentaar wil hoor want hierdie broodjie gaan nou maar beskuit word!

Landi Slatter ·

Dagsê Hulda,

Dankie vir jou terugvoer – ons is jammer jou broodjie het nie na verwagting uitgekom nie! Ons het seker gemaak die inligting is presies op ons webwerf soos in die boek gepubliseer is. As dit dan nie anders kan nie, klink beskuit soos ‘n slim plan!

Ons hoor gerus van ander lesers wat ook dié broodjie gebak het.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.