Soorte resepte:

Resep: Gesondheidsbroodjie

Koelsoem se gesondheidsbroodjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie broodjie bevat ʼn verskeidenheid sade, wat dit ʼn heerlike tekstuur gee.

Lewer 1 middelslag broodjie

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 250 ml sonneblomsaad
  • 60 ml suiker
  • 250 ml semels (bran)
  • 250 ml rosyntjies
  • 1 eier, geklits
  • 375 ml melk
  • 10 ml papawersaadjies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn broodpan.
  2. Sif die bruismeel en bakpoeier saam.
  3. Voeg die sonneblomsaad en suiker by en meng goed.
  4. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die papawersaadjies, by die meelmengsel en meng goed totdat ʼn deeg vorm.
  5. Skep die deeg in die broodpan en strooi die papawersaadjies oor.
  6. Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ZAAN ·

As ek nie sade kan kry nie, kan ek seker opgekapte neute gebruik?

SNEL ·

Glo neute sal werk of selfs all bran pap wat bietjie fyn gemaak word met gerasperde appel en of n piesang. Dink net mens moet by die meel, bakpoeier, suiker, eiers en melk hou wat die basis van die broodjie uit maak en dan kan jy maar speel met die res van die bestandele soos jy wil. So bietjie kaneel en vanilla essence sal ook nie skade doen nie. Hoe verkeerd kan mens gaan, niks wat heuning en konfyt nie kan fix nie.

Nettie ·

Dis alles behalwe ‘n gesondheidbroodjie – met SUIKER in????

SNEL ·

Ek eet eerder suiker as stevia of enige plaasvervanger vir suiker wat ook nadelig is, maar as jy n plaasvervanger vir suiker soek, gebruik dan dadels of heuning vir soetigheid om die broodjie gesonder te maak, dit behoort te werk.

Johann ·

Klink meer soos ‘n koek resep. ‘n Brood kry suutdeeg en die deeg moet geknie word en laat rys word.

VanAfrika ·

Niks fout met Stevia, wat kom van die natuurlike stevia plantjie en is glad nie kanker vormend soos canderel se rooi boks nagemaakte suiker, as jy nagemaak wil koop gaan vir die groen boks canderel wat gesonder suiker is. Ek was op n stadium n PA vir n baie bekende assuransie/polis maatskappy en een van hulle vrae is of jy die rooiboks canderel gebruik, omdat die suiker kanker veroorsaak kan dit jou polis affekteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.