Soorte resepte:

[Resep] Gesondheidsbroodjie

broodjie

Foto: Kook saam Kaaps

ʼn Heerlike broodjie is nooit te versmaai nie – en ʼn gesondheidsbroodjie is immers nog beter.

Lewer 1 middelslag-broodjie

Bestanddele:

  • 500 g bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 250 ml sonneblomsade
  • 60 ml suiker
  • 250 ml semels (bran)
  • 250 ml rosyne
  • 1 eier, geklits
  • 375 ml melk
  • 10 ml papawersaadjies

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn klein broodpan.
  2. Sif die bruismeel en bakpoeier saam.
  3. Voeg die sonneblomsaad en suiker by en meng goed.
  4. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die papawersaadjies, by die meelmengsel en meng goed tot ʼn deeg vorm.
  5. Skep die deeg in die broodpan en strooi die papawersaadjies oor.
  6. Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.

Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

Ek dink mens kan sommer die as beskuit ook maak, sny net in regte groottes en droog uit!

K Barnard ·

Hier is suiker en rosyne en meel in…So wat aan die broodjie is gesond? ‘n Gesondheidsbroodjie bevat klapper- of amandelmeel en Xylitol in plek van suiker.

Lucas ·

Stem saam. Daar is absoluut niks gesond aan hierdie brood nie!!

FC ·

Lucas, jy is inderdaad korrek. Die berig is eintlik vals. Die term “gesond” word orals misbruik

EMK ·

Gesond of te nie dit klink heerlik! Gaan beslis probeer. Van waneer af is suiker ongesond – mense glo te maklik al die ewige artikels oor dit en dat is gesond en dat en die nou nie. Een dag is margarien die slegste ding op aarde en dan is botter weer die sondaar. Moenie bier drink, drink wyn; moenie wyn drink nie drink water. O nee water is vol allerhande goete droog sommer uit wat!Die liggaam het suiker nodig. En al die ander dinge ook. Matigheid voor oë te alle tye en kry genoeg oefening en wees vrolik elke dag en dis dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.