Hierdie koek lyk sommer of jy nóú vir jou ʼn stukkie wil sny!
Lewer 1 groot koek
Bestanddele
KOEK
- 5 ekstragroot eiers
- 125 ml strooisuiker
- 310 ml glutenvrye mielieblom
- 2,5 ml bakpoeier
- knippie sout
VERSIERSEL
- 250 ml room
- 125 ml appelkooskonfyt vir diabete
- vars frambose
- ekstra versiersuiker vir bo-oor
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
KOEK
- Klits die eiers vir 5 minute. Klits die strooisuiker bietjies-bietjies by en hou aan tot die suiker opgelos is.
- Sif die mielieblom, bakpoeier en sout saam.
- Vou die meelmengsel by die eiermengsel in tot ’n beslag vorm.
- Skep die beslag in twee koekpanne met 20 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is.
- Bak vir 20 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Keer die koeke op ’n afkoelrakkie uit, trek die bakpapier af en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
VERSIERSEL
- Klits die room styf. Smeer die appelkooskonfyt op een koek en smeer die helfte van die room bo-op. Plaas die ander koek bo-op.
- Smeer die oorblywende room oor die koek en plaas die frambose op.
- Sif versiersuiker bo-oor.
Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa
Help asb. Is mielieblom “Maizena”?
Dagsê Wilma,
Dankie vir jou boodskap. “Maizena” is inderdaag mielieblom.
Lekker bak!
Groetnis
Anja
nms Maroela Media
Mens sal nooit n fout maak as jy altyd 1 telepel vanilla ook in n koek gooi nie.
Dankie, Anja.
Waar sou mens gluten vrye mielieblom kan aankoop?
Is dit vrylik beskikbaar?
Ek is maar al te bewus dat die glutenvrye produkte redelik duur is … nogal ‘n jammerte dat gesonder opsies soveel meer uit die sak kos !!
Wat is die nut daarvan om konfyt vir diabete te gebruik in iets waarin reeds hope suiker is?
Johan Smal; seker om die suikerinhoud te beperk. En 125 ml is nie hope suiker nie; dit is maar ‘n halwe koppie.
1/133 mense is allergies vir gluten. Vir die res hou dit geen gesonheid risiko in nie. Die dryf na ‘glutenvry’ is ‘n foefie en kos uiteindelik onnodig geld. Mense eet al vir duisende jare geregte soos seitan wat geheel uit gluten bestaan