Soorte resepte:

[Resep] Goue aartappels

Foto: Koskas Kos

Foto: Koskas Kos

Dit lyk mos heerlik!

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:

  • 10 middelslagaartappels, geskil en in dun skyfies gesny
  • 450 g ricottakaas, gekrummel
  • 15 ml sout
  • 5 ml varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml gekapte vars koljander- of tiemieblare
  • 45 ml fyn koljander
  • 750 ml vars room of suurroom, gemeng met 5 ml borrie
  • 50 g botter
  • 45 ml broodkrummels

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn oondbak of koekpan.
  2. Bedek die bodem van die oondbak of koekpan met een-derde van die aartappelskyfies. Geur die laag met een-derde  van die speserye en kruie in die volgende volgorde: sout, peper, koljander- of tiemieblare, fyn koljander. Bedek die laag met een-derde van die ricottakaas. Voeg een-derde van die room by en stip dit met een-derde van die botter.
  3. Herhaal die proses tot die bestanddele op is. Strooi ʼn dun lagie broodkrummels oor die bokant, bedek met foelie en bak vir 45 minute. Verwyder die foelie 10 minute voor die baktyd verstreke is om seker te maak dat die gereg bruin bak.

Bron: Koskas Kos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhard ·

As iemand wat sy geboortereg vir aartappels in enige vorm sal verruil, is hierdie resep net die ding om hierdie naweek te beproef. Kan nie wag nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.