Soorte resepte:

Resep: Graanvlokkie-en-klapperkoekies

Graanvlokkies en klapperkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié krakerige koekies is perfek vir jou laatmiddag koffie of tee.

Maak ongeveer 30 koekies

Bestanddele

  • 125 g (140 ml) botter
  • 165 g (187,5 ml) suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 30 ml korente
  • 135 g (375 ml) klapper
  • 280 g (500 ml) koekmeelblom
  • 2,5 ml koeksoda
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 90 g (750 ml) graanvlokkies, effens fyn gedruk

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C
  2. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Voeg die eiers geleidelik by terwyl dit goed geklits word.
  4. Voeg die vanieljegeursel by en meng goed.
  5. Voeg die korente en klapper by.
  6. Voeg die meel, koeksoda en bakpoeier saam en vou dit in.
  7. Meng goed en rol die deeg in balletjies en dan in die gebreekte graanvlokkies.
  8. Plaas dit op gesmeerde bakplate, ver genoeg uitmekaar.
  9. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en bros. Laat op ʼn draadrakkie afkoel.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eileen ·

MM – waar kan ek asb die boek kry? Het orals gesoek, het Lapa uitgewers geskakel, die boek is uit druk uit. Selfs Nettie Cilliers gekontak – sy ooknie ‘n eksemplaar van die boek.

Kowa ·

Loot.co.za
101 Kleinkoekies (Afrikaans, Paperback)
Nettie Cilliers
Loot Price
R174

Eileen ·

Dagsê Kowa,

Ek het op Loot se webblad gaan kyk – maar die boek isnie daarnie. :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.