Soorte resepte:

[Resep] Graanvlokkie-en-meringue-tert

Graanvlokkie-en-meringue-tert (Foto: Lapa-uitgewers)

Die krakerige graanvlokkies en gladde meringue komplementeer mekaar en sorg vir die perfekte tekstuur!

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 625 ml (2½ k) graanvlokkies, fyngedruk
  • 90 ml (6e) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 100 g botter, gesmelt

Vulsel

  • 1 liter melk
  • 4 eiergele
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 90 ml (6 e) koekmeel
  • 75 ml (5 e) mielieblom
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 45 ml (3 e) botter
  • knypie sout

Meringue

  • 4 eierwitte
  • 1 ml kremetart
  • 75 ml (5 e) strooisuiker
  • 75 ml (5 e) versiersuiker

Metode:

Stel oond op 180°C.

  1. Kors: Meng bestanddele vir kors en druk mengsel in oondvaste tertbord met 28 cm-deursnee wat met kossproei gespuit is vas.
  2. Vulsel: Hou klein bietjie van melk, ongeveer 60 ml (4e), eenkant en verhit oorblywende melk in groot kastrol.
  3. Klits eiergele en melk wat eenkant gehou is tot goed gemeng.
  4. Meng suiker, koekmeel en mielieblom goed en roer by
  5. Roer bietjie van warm melk by eiermengsel tot glad. Roer eiermengsel by melk in kastrol.
  6. Verhit melkmengsel tot kookpunt terwyl af en toe geroer word.
  7. Laat kook vir 2 tot 3 minute tot verdik. Verwyder van hitte en laat 5 minute afkoel.
  8. Voeg vanieljegeursel, botter en sout by en meng goed. Skep vulsel in tertkors.
  9. Meringue: Klits eierwitte tot sagtepunt Voeg kremetart by en klits weer.
  10. Meng strooisuiker en versiersuiker. Klits suiker bietjies-bietjies by eierwitte tot mengsel glad is.
  11. Skep meringue bo-op vulsel en bak vir 20 minute of tot puntjies goudbruin is.

Bron: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.