Heerlike klam en krakerige koekies!
Lewer 30 koekies
Bestanddele
- 125 g (140 ml) botter
- 70 g (80 ml) strooisuiker
- 30 ml gouestroop
- knippie sout
- 150 g (375 ml) hawermout
- 100 g (580 ml) graanvlokkies
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °
- Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die stroop by en meng.
- Voeg die sout en hawermout by en meng.
- Voeg die graanvlokkies by en roer versigtig.
- Druk die deeg vas in ’n gesmeerde pan van 33 x 24 cm.
- Bak vir 10-12 minute of tot goudbruin.
- Sny die koek in blokkies wanneer dit effens afgekoel het, maar lig eers uit die pan uit wanneer dit heeltemal afgekoel het.
Bron: 101 Kleinkoekies
Uitgewer: Lapa