Soorte resepte:

Resep: Graanvlokkiekoekies

Graanvlokkiekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike klam en krakerige koekies!

Lewer 30 koekies

Bestanddele

  • 125 g (140 ml) botter
  • 70 g (80 ml) strooisuiker
  • 30 ml gouestroop
  • knippie sout
  • 150 g (375 ml) hawermout
  • 100 g (580 ml) graanvlokkies

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die stroop by en meng.
  3. Voeg die sout en hawermout by en meng.
  4. Voeg die graanvlokkies by en roer versigtig.
  5. Druk die deeg vas in ’n gesmeerde pan van 33 x 24 cm.
  6. Bak vir 10-12 minute of tot goudbruin.
  7. Sny die koek in blokkies wanneer dit effens afgekoel het, maar lig eers uit die pan uit wanneer dit heeltemal afgekoel het.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.