Soorte resepte:

[Resep] Graanvlokkiepoeding

Foto: Beste uit Vrouekeur no. 3

Foto: Beste uit Vrouekeur no. 3

‘n Poeding wat ‘n warm gevoel in jou binneste waarborg!

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

Dik vla

  • 1 l (4 k) volroommelk
  • knypie sout
  • 125 ml (½ k) vlapoeier
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

Graanvlokkielaag

  • 750 ml (3 k) graanvlokkies
  • 375 ml (1½ k) suiker
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • 250 g (½ blok) botter
  • 4 ekstragroot eiergele

Meringuelaag

  • 4 ekstragroot eierwitte
  • 60 ml (3 e) versiersuiker, gesif
  • knippie kremetart

Metode:

Voorverhit die oond tot 180˚ C en smeer ʼn oondbak van 20 cm x 28 cm of spuit 8 klein bakkies met kossproei.

Dik vla

  1. Verhit die melk en sout tot kookpunt in ʼn groot kastrol.
  2. Maak vlapoeier met ʼn bietjie van die warm melk tot ʼn gladde pasta aan. Voeg dit by die res van die melk en roer sodat dit nie klonte vorm nie.
  3. Roer die suiker by, laat dit vir 2 minute prut en verwyder dit dan van die hitte.
  4. Laat die vla effens afkoel en roer die vanieljegeursel deur.

Graanvlokkielaag

  1. Meng die graanvlokkies, suiker en kaneel in ʼn groot mengbak.
  2. Smelt die botter in die mikrogolfoond, maar moenie dit laat kook nie. Laat dit ʼn bietjie afkoel.
  3. Klits die eiergele en roer by die botter. Roer die bottermengsel by die graanvlokkiemengsel.
  4. Skep die graanvlokkiemengsel in die voorbereide oondbak of klein bakkies.
  5. Skep die vla versigtig bo-op die graanvlokkiemengsel en maak dit gelyk.
  6. Bak vir 15 minute.

Meringuelaag

  1. Klits die eierwitte, versiersuiker en kremetart tot styf.
  2. Skep dit op die poeding en bak vir nog 12 minute of totdat die meringue goudbruin is. Sit dadelik voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur no. 3
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Hans

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.

Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.