Soorte resepte:

[Resep] Grenadellakoek

Koek

Grenadellakoek. Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur.

Hierdie resep kom van Marinda Steyn van Durban. Haar familie geniet dit baie.

Lewer 1 groot koek

Bestanddele:

Koek

  • 4 ekstragroot eiers, geskei
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 125 ml (½ k) olie
  • 125 ml (½ k) warm water
  • 220 g (2 x 110 g-blikkies) grenadellamoes
  • 2,5 ml (½ t) grenadellageursel
  • 560 ml (2¼ k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • knippie sout

Versiersel

  • 500 g (1 klein pakkie) versiersuiker, gesif
  • 125 g (½ blok) sagte botter
  • ongeveer 60 ml (4 e) warm water
  • 55 g (½ blikkie) grenadellamoes
  • 5 ml (1 t) grenadellageursel

Bolaag

  • 55 g (½ blikkie) grenadellamoes
  • 5 ml (1 t) strooisuiker
  • 2,5 ml (½ t) mielieblom
  • 5 ml (1 t) water

Metode:

Koek

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
  3. Meng olie, water, grenadellamoes en -geursel bymekaar. Voeg by eiergele en klits goed saam.
  4. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiergeelmengsel en roer tot goed gemeng.
  5. Klits eierwitte tot styf en vou by beslag in. Voer twee koekpanne met 22 cm-deursnee
  6. met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne. Bak koek vir 25-30 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Versiersel

  1. Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en -geursel tot lig en romerig.
  2. Smeer die helfte van die versiersel op een koek, plaas tweede koek bo-op en smeer orige versiersel op.

Bolaag

  1. Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut.
  2. Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel tot verdik.
  3. Laat eers bietjie afkoel en skep bo-op koek.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ronelle ·

Hi, ek ontvang nooit resepte wat ek vanaf jul website stuur nie. Het nou al 2 maal die grenadillakoek gestuur.

Landi Slatter ·

Dagsê Ronelle

Danie vir jou terugvoer. Ons antwoord jou per persoonlike e-pos.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.