Moenie broslekkers te lank vooraf op die kaaskoek sprinkel nie, want dit raak taai wanneer dit met vog in aanraking kom.
Lewer 16 porsies
Bestanddele:
Kors
- 200 g (1 pak Romany Creams)
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 60 ml (4 e) botter, gesmelt
Vulsel
- 750 g (3 x 250 g-bakkies) laevetroomkaas
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 75 ml (5 e) gladde grondboonbotter
- 60 ml (4 e) koekmeel
- 4 ekstragroot eiers
- 125 ml (½ k) melk
Bolaag
- 385 g (1 blik) karamelkondensmelk
- 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gesmelt
- 1 groot grondboonbroslekker, grofgekap
Metode:
- Stel oond op 180 ˚C.
Kors
- Kap koekies en kaneel in voedselverwerker fyn. Voeg botter by en meng goed.
- Druk koekiemengsel op bodem van losboomkoekpan met 24 cm-deursnee vas.
Vulsel
- Meng roomkaas, strooisuiker en grondboonbotter goed.
- Sif koekmeel bo-oor roomkaasmengsel en meng goed.
- Klits eiers en melk goed en meng by roomkaasmengsel.
- Skep vulsel in tertkors en bak vir 20 minute. Verlaag hitte tot 150 °C (en bak vir nog 45 minute).
- Skakel oond af, maak oonddeur effens oop en laat kaaskoek vir nog 1 uur in oond staan.
Bolaag
- Meng kondensmelk en sjokolade.
- Skep sjokolademengsel bo-op kaaskoek en sprinkel broslekkerstukkies bo-oor.
- Maak kaaskoek los uit losboomkoekpan en sit in skywe voor.
- Hou in yskas.
Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Mmmm.. klink ryk en lekker (met apologie aan Jan Spies)
Jis, maar nou water my mond!