Soorte resepte:

Resep: Grondboontjiekoekies

Grondboontjiebotterkoekies (Foto: Lapa-uitgerwers)

Dié koekies sal nie lank in die koekblik hou nie!

Lewer ongeveer 24 koekies

Bestanddele

  • 125 g (¼ blok) sagte botter
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 187 ml (¾ k) growwe grondboontjiebotter
  • knippie sout
  • 1 ekstragroot eier
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 437 ml (1¾ k) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • knippie kaneel
  • 2,5 ml (½ t) koeksoda

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Verroom botter en suiker tot liggeel.
  3. Meng grondboontjiebotter, sout, eier en vanieljegeursel goed by.
  4. Sif meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda. Meng by grondboontjiebottermengsel tot deeg vorm.
  5. Rol deeg in klein balletjies en plaas op bakplaat.
  6. Druk koekies effens platter en bak vir 12 tot 15 minute of tot goudbruin.
  7. Laat op afkoelrakkie afkoel en hou in lugdigte houer.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.