Soorte resepte:

Resep: Hannes se ma se souttert

Foto: Vrouekeur Sterkos

Foto: Vrouekeur Sterkos

Ons sien akteur en aanbieder Hannes van Wyk gereeld op die kassie in die program Bravo! waar hy met bekendes skouers skuur. Verder is hy geen onbekende op die planke nie. Weg van die kassie en in die kombuis is Hannes nie wat jy ’n kok van formaat sal noem nie, maar volgens hom maak hy ’n “mean” slaai en heerlike toebroodjies.

Sy gunsteling-bestanddele is brood en botter en hy is mal oor boerekos. “Ek hou maar van vleis, rys en aartappels, maar is ook gek na enige kos wat my goeie vriend Gerrie Ferreira maak. Hy’s ’n uitstekende kok en kan binne ’n halfuur ’n fantastiese gourmet-ete voorberei.”

4 tot 6 porsies

Bestanddele

  • 250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
  • 275 g (1 blikkie) Weense worsies in soutwater, gedreineer
  • 500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
  • 15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
  • 45 ml (3 e) koekmeelblom
  • 15 ml (1 e) mosterdpoeier
  • 250 ml (1 k) volroommelk
  • 3 ekstragroot eiers, geklits
  • knypie sout en peper

Metode:

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Sprinkel gekapte spek in oondtertbord van 20 cm-deursnee, wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
  3. Sny worsies in skyfies en gooi oor.
  4. Sprinkel kaas en pietersielie oor.
  5. Meng koekmeelblom en mosterdpoeier en voeg helfte van melk daarby. Roer
  6. tot gladde beslag vorm.
  7. Roer nou oorblywende melk, eiers, sout en peper by.
  8. Giet oor bestanddele in oondtertbord.
  9. Bak vir 35 minute of tot goudbruin.
  10. Sit warm of teen kamertemperatuur saam met slaai voor.

Bron: Vrouekeur: Sterkos – Kook saam met die sterre
Uitgewer: Lapa uitgewers

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.