Genoeg vir 16
Bestanddele:
- 1 k (230 g) Clover Mooi River-botter, by kamertemperatuur
- ½ k (105 g) strooisuiker
- 2 k (280 g) koekmeel, gesif
- ½ k (70 g) rysmeel, gesif
- ¾ k (75 g) haselneute, grof gekap
Metode:
- Voorverhit die oond tot 150 °C en smeer twee bakplate.
- Room die botter en suiker tot lig en donsig.
- Vou die koekmeel en rysmeel in en roer die neute by.
- Meng met die hande om ’n deeg te vorm, keer op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot stewig.
- Verdeel die deeg in twee en vorm elke deel met die hande in ’n sirkel van 18 cm in deursnee.
- Lig die sirkels oor op die bakplate en maak die bokante gelyk met ’n paletmes.
- Knyp die rande met die vingers om ’n randpatroon te vorm en merk die deeg met ’n skerp mes in 8 wiggies.
- Druk gaatjies oor die hele bokant met ’n vurk en bak 35 tot 40 minute tot goudbruin.
- Laat in die bakplate afkoel vir 10 minute en plaas dan op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel. Sny in wiggies met ’n skerp mes.
Resep: Trooskos
Uitgewer: Lapa