Soorte resepte:

Resep: Haselneut-brosbrood

Haselneut-brosbrood (Foto: Lapa-uitgewers)

Genoeg vir 16

Bestanddele:

  • 1 k (230 g) Clover Mooi River-botter, by kamertemperatuur
  • ½ k (105 g) strooisuiker
  • 2 k (280 g) koekmeel, gesif
  • ½ k (70 g) rysmeel, gesif
  • ¾ k (75 g) haselneute, grof gekap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C en smeer twee bakplate.
  2. Room die botter en suiker tot lig en donsig.
  3. Vou die koekmeel en rysmeel in en roer die neute by.
  4. Meng met die hande om ’n deeg te vorm, keer op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie tot stewig.
  5. Verdeel die deeg in twee en vorm elke deel met die hande in ’n sirkel van 18 cm in deursnee.
  6. Lig die sirkels oor op die bakplate en maak die bokante gelyk met ’n paletmes.
  7. Knyp die rande met die vingers om ’n randpatroon te vorm en merk die deeg met ’n skerp mes in 8 wiggies.
  8. Druk gaatjies oor die hele bokant met ’n vurk en bak 35 tot 40 minute tot goudbruin.
  9. Laat in die bakplate afkoel vir 10 minute en plaas dan op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel. Sny in wiggies met ’n skerp mes.

Resep: Trooskos

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.