Soorte resepte:

Resep: Hawermoutkoekies

Foto: sugartoast.wordpress.com

Foto: sugartoast.wordpress.com

Lewer ongeveer 50 koekies

Bestanddele:
3 k klapper
1 k meelblom
4 k hawermout
1 k botter of margarien
2 t koeksoda, opgelos in ¼ k melk
1½ k suiker
½ t sout
1 t fyn kaneel
3 e gouestroop

Metode:
1. Meng al die droë bestanddele saam.
2. Smelt die botter en die stroop saam en voeg dit by.
3. Roer die soda wat eers in die melk opgelos word by.
4. Meng baie goed.
5. Druk die mengsel droog in ‘n bakplaat vas sodat dit omtrent 1 cm dik is.
6. Bak dit 15 tot 20 minute lank in ‘n matige oond by 180°C.
7. Sny dit in blokkies so groot soos verkies.

Resep: Mollie de Witt
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anke ·

Kan ‘n mens vormpies uitdruk met ‘n koekie drukker, of moet jy dit in blokkies sny?

susan van heerden ·

Haai daar, nogi vreeslik baie tyd gehad om deur al jul artikels te gaan, maar dit wat ek al gekyk het, beindruk sal, beslis gereeld kyk, thanx vir ons eie afrikaanse media, kan net lekker word, sterkte met die groei daarvan.

susan van heerden ·

Haai daar, nogi vreeslik baie tyd gehad om deur al jul artikels te gaan, maar dit wat ek al gekyk het, beindruk sal, beslis gereeld kyk, thanx vir ons eie afrikaanse media, kan net lekker word, sterkte met die groei daarvan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Susan

Welkom by Maroela Media! Ons hoop jy kommer sommer nog baie lekker saam.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.