Hierdie gereg klink so reg in ons kraal!
Lewer 8 porsies
Bestanddele:
Kors
- 200 g (1 pak) Beef Biltong Kips
- 50 g (½ pakkie) pekanneute
- 100 g botter, gesmelt
Vulsel
- 1 fetakaassirkel, gekrummel
- 125 ml koekmeel
- 250 ml verpoeierde biltong
- 1 ml knoffelsout
- knippie swartpeper
- 500 g (2 bakkies) laevetroomkaas
- 250 ml suurroom
- 60 ml mayonnaise
- 2 grasuie, fyngekap
- 4 ekstragroot eiers, geklits
Metode:
Voorverhit die oond tot 160 ˚c.
Kors
- Kap die soutbeskuitjies en pekanneute in ’n voedselverwerker fyn.
- Voeg die botter by en meng. Druk die mengsel op die bodem van ’n 22 cm-losboomkoekpan vas.
Vulsel
- Meng die fetakaas, meel, biltong, knoffelsout en swartpeper goed.
- Meng die roomkaas, suurroom, mayonnaise, grasuie en eiers goed.
- Meng die biltongmengsel met die roomkaasmengsel en skep dit in die kors.
- Bak dit ’n uur lank of tot net gestol in middel.
- Laat dit in die pan afkoel. Wikkel die pan los en sit die tert by kamertemperatuur voor.
Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa