Soorte resepte:

[Resep] Hemelse Nutella-happies

Hemelse Nutella-happies (Foto: Corli se Kombuis)

BederHemelse Nutella-happies (Foto: Corli se Kombuis)

Bederf jouself ná ’n lang Maandag met dié heerlike en maklike kolwyntjies!

Lewer 48 klein happies of 24 kolwyntjies

Bestanddele

Kolwyntjies

  • 125 ml kakao
  • 180 ml kookwater
  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 4 eiers, geskei
  • 125 ml olie
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 375 ml suiker

Versiersel

  • 200 g ongesoute botter
  • 360 g Nutella
  • 680 g versiersuiker
  • knippie sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 90-120 ml melk
  • ekstra Nutella vir vulsel

Metode

Kolwyntjies

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn minimuffinpan met kleefwerende kossproei.
  2. Laat die kakao in die kookwater oplos.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en hou eenkant.
  4. Plaas die eiergele, olie, kakao-oplossing en vanieljegeursel in die mengbak van ʼn staanmenger en meng goed saam.
  5. Voeg die suiker by en dan die gesifte droë bestanddele. Meng weer goed.
  6. Klits die eierwitte in ʼn aparte bak tot stywe punte vorm en vou by die mengsel in met ʼn metaallepel.
  7. Vul die muffinholtes driekwart met die beslag en bak vir 15 minute tot gaar. Laat afkoel.

Versiersel

  1. Plaas die botter en Nutella in die mengbak van ʼn staanmenger en meng vir ongeveer 5 minute tot glad.
  2. Voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by terwyl die menger loop.
  3. Voeg die sout, vanieljegeursel en 3 eetlepels room of melk by en meng by lae spoed.
  4. Voeg nog 3-5 eetlepels room of melk by indien nodig.
  5. Klits vir ongeveer 3 minute by hoë spoed tot die versiersel glad en donsig is en skep die versiersel in ʼn spuitsak.
  6. Druk ʼn holtetjie in elke kolwyntjie en vul elk met 2,5 ml Nutella.
  7. Spuit versiersel op elke kolwyntjie en rond af met neute of neutsjokolade-stukkies.

Bron: Corli se Kombuis

Uitgewer: Human & rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.