Soorte resepte:

Resep: Heuningraadpoeding

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Genoeg vir 4 mense

“My ma het dít altyd vir Sondag ná ete gemaak. Die poeding maak sulke gaatjies wat lyk soos heuningkoek. Dit is ook nie te duur nie en vier mense kan daarvan eet,” sê Maroela Media-leser Althene van Heerden oor dié familieresep.

Van Heerden sê haar ma het dit dié naam gegee, en dat sy sélf nie seker is waarvoor die “raad” staan nie.

Bestanddele

  • 4 e meelblom
  • 4 eiers
  • 4 e suiker
  • 4 e appelkooskonfyt of heuning
  • 2 e melk
  • 1 t koeksoda
  • knippie sout
  • 1 k warm water

Metode

  1. Plaas al die bestanddele behalwe die koeksoda, melk en warm water in ’n mengbak.
  2. Klits goed en voeg die koeksoda aangemaak met melk by. Klits dit deur.
  3. Smeer ’n vierkantige oondbak van 20 x 20 cm met botter.
  4. Giet beslag in bak en gooi die warm water versigtig oor die beslag.
  5. Bak vir sowat 30 tot 35 minute in oond van 180 °C.
  6. Toets met toetspen of dit heeltemal gaar is.
  7. Dien op met warm vla of roomys.

Het jy ʼn bobaasresep waarop jy altyd kan staatmaak? Stuur vir ons jou familieresep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rina ·

Jammer ek sien nou eers dat syself nie seker is nie……..miskien *Heuningdraad* bedoel!
Die Gremlins weer vandag besig op my foon…..wat ek bedoel is dat dit lyk soos *ogiesdraad* wat nogal baie dieselfde is as heuningkoeke!

Zettei ·

Hoe meet mens 4 e eiers af? 4 Eiers dalk? Ewenwel, klink nogsteeds baie lekker.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir julle kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit is inderdaad 4 eiers. Die berig is reeds gewysig.

Lekker bak en brou!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Chris ·

Vertaan nie mooi wat bedoel word met die 4 e meelblom en 4 e suiker. Sou dit staan vir eetlepel dan is dit baie min.

Rina ·

Lyk baie lekker!
Net nuuskierig…….waar kom die naam vandaan?

Rina ·

Jammer ek sien nou eers dat syself nie seker is nie……..miskien *Heuningdraad* bedoel!

Rina ·

Die gremlins weer besig op my foon…..ek wou ook sê……..dat die vorm van ‘n heuningkoek en ogiesdraad byna dieselfde is!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.