Soorte resepte:

Resep: Jane se vetkoek

Foto: Wenresepte 1

Foto: Wenresepte 1

Mev. Rika Ferreira van Oudtshoorn het dié resep ingestuur. Sit dit voor met botter en gouestroop.

Lewer sowat 24 vetkoeke

Bestanddele:

Gismengsel

  • 7 ml kitsgis
  • 125 ml sterk lou water
  • 15 ml suiker

Vetkoek

  • 500 g (4 x 250 ml gesifte) koekmeelblom
  • 1 ml sout
  • 7 ml bakpoeier
  • 100 g (125 ml) suiker of na smaak
  • sowat 300 ml lou water
  • sonneblomolie

Metode:

Gismengsel

  1. Meng die gis, water en suiker.
  2. Laat die mengsel 15 minute lank in ’n warm plek om te rys.

Vetkoek

  1. Sif die koekmeelblom, sout, bakpoeier en suiker saam.
  2. Voeg die gismengsel by en maak dit met die water aan tot ’n slap deeg.
  3. Bedek en laat 1 uur lank in ’n warm plek rys.
  4. Skep lepels vol in ’n kastrol met diep, warm olie. Bak tot goudbruin aan die een kant (met die kastroldeksel op, want dis glo die geheim, sê Jane).
  5. Draai die vetkoek om, sit die kastroldeksel op en bak aan die ander kant tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 1 
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard ·

Magtig, my mond water al klaar by voorbaat net by die lees van die resep. Kan iemand laat weet of vetkoek ‘n ding eie aan Suid-Afrika is of het ons dit iewers gaan leen. Ek dink dat ons Duitse vriende iets soortgelyk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.