Soorte resepte:

Resep: Jodetert

Jodetert (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié tert sal jou gaste na hul asems laat snak.

Lewer 12 porsies

Bestanddele

KORS

  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • 125 ml suiker
  • ½ k (125 ml) Clover Mooirivier-botter
  • 2 eiers, geklits

VULSEL

  • 1 e (15 ml) gelatien
  • 25 ml koue water
  • 40 ml kookwater
  • 2 x 250 g mascarpone
  • 225 ml Clover­kondensmelk
  • 100 ml suurlemoensap
  • 1 k (250 ml) Clover Classic­vla

BOLAAG

  • 250 ml Clover-room, geklop
  • ¼ k (60 ml) pekanneute, gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

KORS

  1. Sif die droë bestanddele saam, voeg suiker by en vryf die botter met jou vingers in.
  2. Voeg die eiers by en meng om ’n sagte deeg te vorm. Verkoel vir 15 minute.
  3. Verdeel die deeg in agt dele. Plaas bakpapier in koekpanne van 22 cm. Rol elke stuk deeg dun uit en druk vas in die koekpanne. Bak vir 10 tot 12 minute tot goudbruin.

VULSEL

  1. Laat die gelatien versag in koue water vir 5 minute. Los op in die kookwater en laat afkoel.
  2. Meng die mascarpone en kondensmelk saam en vou die gelatien by die mengsel in. Verdeel die mengsel in twee dele. Voeg die suurlemoensap by die een helfte en die vla by die ander helfte. Laat dit in die yskas rus vir sowat 20 minute.

AFRONDING

  1. Om die koek aanmekaar te sit, smeer die suurlemoen-en die vlamengsel om die beurt op die koekrondings, sodat die suurlemoenvulsel die bolaag vorm. Bedien met geklopte room en gekapte pekanneute.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

navraag ·

die resep meld ook niks van die halwe koppie melk in die metode van die kors nie

navraag ·

ag jammer my fout. sien nou dis halwe koppie botter en nie melk nie.

Amber ·

Het ek dan 8 koekpanne nodig om die agt lagies te bak, of verstaan ek dit verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.