Soorte resepte:

[Resep] Jogurt-en-kondensmelkbeskuit

Foto: Lekker en Vinnig

Jogurt-en-kondensmelkbeskuit. Foto: Lekker en Vinnig

Dié lekker resep lewer ongeveer 80 stukkies beskuit.

Bestanddele:

  • 1,5 kg koekmeel
  • 60 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 185 ml suiker
  • 500 ml natuurlike jogurt
  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 185 ml water
  • 250 g ( ½  blok) botter
  • 4 ekstragroot eiers

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Roer die suiker by.
  3. Meng die jogurt, kondensmelk en water goed.
  4. Smelt die botter oor lae hitte en laat eenkant om effens af te koel.
  5. Klits die eiers en roer by kondensmelkmengsel. Roer die afgekoelde botter by.
  6. Meng die kondensmelkmengsel by die meelmengsel en voeg bietjie water by indien nodig. Knie tot goed gemeng.
  7. Vorm balletjies en plaas styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondpan.
  8. Bak vir 45 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  9. Keer beskuit uit en breek of sny in stukke.
  10. Plaas die beskuit op bakplate en droog oornag uit teen 70°C met die oonddeur effens oop.

Bron: Lekker & vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en maklik resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Diana Moolman ·

Ek wil graag weet of jul nie ‘n “print” funksie vir resepte kan plaas nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Diana

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.

Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

nicky ·

Maroela Media

Hoekom kan mens nie die resepte print nie?

Groete
Nicky

Landi Slatter ·

Dagsê Nicky

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Jy is welkom om ‘n skermskoot van die resep te maak en dit só in die kombuis te gebruik.

Uiteraard wil ons egter graag hê jy moet die uitgewers ondersteun wat hulle resepte so mildelik gratis aan ons lesers verskaf. Die resepte wat ons publiseer is inderwaarheid ‘n bemarking vir dié wonderlike boeke.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Retha ·

Kan ek cherries en neute by die resep sit. En kan ek dit in n beskuit pan plaas of moet ek bolletjies maak. Lyk na n baie lekker en maklike resep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.