Soorte resepte:

Resep: Jogurtbroodjie

Argieffoto (Foto: heraldsun.com.au)

Argieffoto (Foto: heraldsun.com.au)

Bestanddele:
4 k “nuttywheat”
2 botteltjies (gewone) jogurt
30 ml bruin suiker (2½ e)
10 ml koeksoda (2 t)
30 ml olie (2½ e)
½ t sout

Metode:
1. Meng alles en gooi in ‘n pannetjie.
2. Bak in matige oond ± 180°C vir 35 minute.
3. Gooi handvol sonneblomsaad bo-op voor bak (opsioneel).

Resep: Brenda Vlotman
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sanet ·

Hoeveel milliliter is een botteltjie joghurt vir die resep?

Sollie ·

Ja, hoe bedoel hul “botteltjie” ek ken net die wat plastiekhourtjies/bakkies kom en party is bietjie groter as ander. Watter grootte bakkie joghurt gebruik jul – help asb!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Sollie en Sanet

Die grootte van die houertjie word ongelukkig nie in die resep aangedui nie. Ek vermoed hulle verwys na die 175 g-grootte. Ek vermoed wanneer mens die broodjie aanmaak sal jy wel sien of jy meer of minder moet gebruik.

Hoop julle eet lekker!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Miranda ·

In my jongdae het ons jogurt gekry in botteltjies-ongeveer125 ml

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.