Soorte resepte:

[Resep] Juffrou Iris se beskuit

beskuit

Juffrou Iris se beskuit. Foto: Lekker en Vinnig

Lewer ongeveer 60 stukkies

Bestanddele:

  • 1 kg bruismeel
  • 5 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 500 ml sagte bruinsuiker
  • 500 ml gougaar-hawermout
  • 750 ml semelontbytvlokkies
  • 500 ml sonneblomsaad
  • 2 ekstragroot eiers
  • 500 ml karringmelk
  • 500 g (1 blok) botter

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die meel, sout, bakpoeier, suiker, hawermout, semelvlokkies en sonneblomsaad.
  3. Klits die eiers, voeg die karringmelk by en klits deur.
  4. Smelt die botter en meng goed by die eiermengsel.
  5. Voeg die bottermengsel by die meelmengsel en meng tot ʼn deeg vorm.
  6. Plaas die deeg in drie gesmeerde broodpanne van 9 x 24 cm.
  7. Bak vir 1 uur of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
  8. Keer die beskuit uit en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
  9. Sny of breek in stukke en droog vir 5-6 uur teen 100 °C uit.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en maklik, resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ludia Swart ·

Hou van julle uiteensetting. Baie netjiese bladuitleg. Fotos van die beste. Resepte lyk na iets wat ek baie graag sal gebruik. Sterkte met jul toekoms. Ludia

Sharon ·

Maroela, kan ons dalk ‘n “druk/print” knoppie by die resepte prakseer asseblief? Want hoe kry ek nou hierdie resep in my kombuis in my resepteboek? :-)

Landi Slatter ·

Dagsê Sharon

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Sharon ·

Baie dankie Landi, daai funksie is goed genoeg!!!! Julle is oulik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.