Soorte resepte:

Resep: Kaas-en-kruie-bekerbaksel

Kaas-en-kruie-bekerbaksel (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié banting-resep kom uit Armand Aucamp se resepteboek, Armand kook kaal!

Lewer 1 porsie

Bestanddele

  • 1 e klappermeel
  • 2 e amandelmeel
  • ¼ t bakpoeier
  • varsgemaalde sout en peper
  • 1 eier
  • 1 e room
  • 1 e botter, gesmelt
  • ½ fetawiel
  • ¼ k mozzarella
  • 1 t oreganum

Metode

  1. Sif al die droë bestanddele in ’n mengbak en roer met ’n houtlepel.
  2. Klits die eier, gesmelte botter en room in ’n bakkie en voeg by die droë bestanddele. Roer deeglik deur met ’n houtlepel. Voeg laastens die mozzarella en feta by die mengsel en roer.
  3. Gooi die mengsel in ’n groot koffiebeker of klein bakkie en sit dit vir 1 minuut op hoog in ’n mikrogolfoond.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.