As jy ʼn teepartytjie beplan, is hierdie koek ʼn móét. Dink net hoe spoggerig sal dit op die tafel lyk!
Lewer 1 ringkoek
Bestanddele:
- 5 ekstragroot eiers, geskei
- 187 ml (¾ k) strooisuiker
- 10 ml (2 t) suurlemoensap
- 250 ml (1 k) koekmeel
- knippie fyn kaneel
- knippie sout
Afronding
- bietjie versiersuiker
Metode:
Stel die oond op 160 °C.
Koek
- Klits eierwitte met ʼn elektriese klitser tot styf.
- Klits ongeveer die helfte van die strooisuiker en suurlemoensap by tot dik.
- Klits eiergele en oorblywende strooisuiker tot liggeel.
- Vou eierwitte by eiergele in.
- Sif meel, kaneel en sout bo-oor eiermengsel en vou in.
- Voer die bodem van ʼn tuitvormige koekpan met 24 cm-deursnee met bakpapier. Moenie die kante smeer nie.
- Skep die beslag in die koekpan en bak vir 60 minute. Moenie die koek te lank bak nie anders word dit droog.
- Laat ʼn bietjie in die koekpan afkoel. Keer die koek versigtig op ʼn afkoelrakkie uit.
Afronding
- Sif versiersuiker bo-oor die koek.
Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa