Soorte resepte:

[Resep] Kaneel-en-suiker-brood

Foto: Beste gebak uit Vrouekeur

Kaneel-en-suiker-brood. Foto: Beste gebak uit Vrouekeur

As jy ʼn teepartytjie beplan, is hierdie koek ʼn móét. Dink net hoe spoggerig sal dit op die tafel lyk!

Lewer 1 ringkoek

Bestanddele:

  • 5 ekstragroot eiers, geskei
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • 10 ml (2 t) suurlemoensap
  • 250 ml (1 k) koekmeel
  • knippie fyn kaneel
  • knippie sout

Afronding

  • bietjie versiersuiker

Metode:

Stel die oond op 160 °C.

Koek

  1. Klits eierwitte met ʼn elektriese klitser tot styf.
  2. Klits ongeveer die helfte van die strooisuiker en suurlemoensap by tot dik.
  3. Klits eiergele en oorblywende strooisuiker tot liggeel.
  4. Vou eierwitte by eiergele in.
  5. Sif meel, kaneel en sout bo-oor eiermengsel en vou in.
  6. Voer die bodem van ʼn tuitvormige koekpan met 24 cm-deursnee met bakpapier. Moenie die kante smeer nie.
  7. Skep die beslag in die koekpan en bak vir 60 minute. Moenie die koek te lank bak nie anders word dit droog.
  8. Laat ʼn bietjie in die koekpan afkoel. Keer die koek versigtig op ʼn afkoelrakkie uit.

Afronding

  1. Sif versiersuiker bo-oor die koek.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.