Soorte resepte:

Resep: Kaneelrolletjies met roomkaasversiersel

Foto: Die uitsonderlike Snowflake Verameling

Foto: Die uitsonderlike Snowflake Verameling

Lewer ongeveer 10

Bestanddele:

Deeg

  • 4 x 250 ml (560 g) Snowflake-koekmeel
  • 5 ml sout
  • 60 ml (50 g) suiker
  • 10 g (1 pakkie) droë kitsgis
  • 2 ekstragroot eiers
  • sowat 125 ml louwarm melk
  • 80 g botter of margarien, gesmelt

Vulsel

  • 30 g botter of margarien, gesmelt
  • 125 ml (100 g) Iigte bruinsuiker
  • 30 ml fyn kaneel
  • 125 ml (75 g) pitlose rosyne (opsioneel)

Versiersel

  • 60 g sagte botter of margarien
  • 375 ml (200 g) versiersuiker, gesif
  • 60 g roomkaas of gladde maaskaas
  • 3 ml vanieljegeursel

Metode:

Deeg

  1. 1. Sif meel en sout saam. Voeg suiker by, meng en voeg gis by.
  2. Klits eiers, louwarm melk en gesmelte botter saam. Voeg by droë bestanddele en meng tot ’n stywe deeg.
  3. Keer deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 5-10 minute, of tot deeg glad en elasties is.  Plaas deeg in ’n groot, liggies gesmeerde bak, bedek en laat sowat 30 minute op ’n warm plek rys, of tot dubbel die grootte.
  4. Knie deeg af op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie weer tot glad. Rol deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is, in ’n reghoek van sowat 24 x 44 cm.

Vulsel

  1. Bestryk deeg met gesmelte botter; laat ’n rand van 1 cm onbestryk. Sprinkel suiker, kaneel en rosyne oor.
  2. Begin by die kort kant en rol styf op. Sny in 2 cm-skywe.
  3. Plaas op gesmeerde bakplate, gesnyde kante bo en sowat 1 cm uitmekaar. Bedek en laat 10-15 minute op ’n warm plek staan om te rys.
  4. Bak sowat 15 minute in ’n voorafverhitte oond by 180 ̊ C. van panne af.

Versiersel

  1. Klop botter en versiersuiker saam tot romerig.
  2. Voeg roomkaas en vanieljegeursel by en meng tot net glad. Smeer oor kaneelrolletjies.
  3. Verhit versierde rolletjies effens en sit warm voor.

Bron: Die Uitsonderlike Snowflake Verameling
Uitgewer: Random House Struik

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae