Heerlike koekies vir die naweek.
Bestanddele
- 70 g (125 ml) koekmeelblom
- 70 g (125 ml) bruismeel
- 45 g (125 ml) klapper
- 110 g (125 ml) strooisuiker
- 100 g (115 ml) botter, gesmelt
KARAMELVULSEL
- 1 blik (397 g) gekondenseerde melk
- 30 ml gouestroop
- 60 ml bruinsuiker
- 60 g (70 ml) botter, gesmelt
KLAPPERBOLAAG
- 4 eiers, geklits
- 140 g (160 ml) strooisuiker
- 360 g (4 x 250 ml) klapper
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn 25 x 30 cm-rolkoekpan.
- Sif die meel en bruismeel saam. Roer die klapper, suiker en botter by en meng goed.
- Druk dit goed vas in die voorbereide pan en bak vir ongeveer 12 minute of tot effens verbruin. Laat afkoel.
KARAMELVULSEL
- Meng die vulselbestanddele saam en smeer dit oor die kors.
KLAPPERBOLAAG
- Meng die bolaagbestanddele saam en skep dit bo-oor.
- Bak weer vir 25 minute of tot die bolaag liggies bruin is. Laat dit in die pan afkoel.
- Sny in skywe of blokkies.
Bron: 101 Kleinkoekie
Uitgewers: Lapa
Raai, kondensmelk werk net so goed soos gekondenseerde melk!