Soorte resepte:

Resep: Karamel-en-klapperskywe

Karamel-en-klapperskywe (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike koekies vir die naweek.

Bestanddele

  • 70 g (125 ml) koekmeelblom
  • 70 g (125 ml) bruismeel
  • 45 g (125 ml) klapper
  • 110 g (125 ml) strooisuiker
  • 100 g (115 ml) botter, gesmelt

KARAMELVULSEL

  • 1 blik (397 g) gekondenseerde melk
  • 30 ml gouestroop
  • 60 ml bruinsuiker
  • 60 g (70 ml) botter, gesmelt

KLAPPERBOLAAG

  • 4 eiers, geklits
  • 140 g (160 ml) strooisuiker
  • 360 g (4 x 250 ml) klapper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn 25 x 30 cm-rolkoekpan.
  2. Sif die meel en bruismeel saam. Roer die klapper, suiker en botter by en meng goed.
  3. Druk dit goed vas in die voorbereide pan en bak vir ongeveer 12 minute of tot effens verbruin. Laat afkoel.

KARAMELVULSEL

  1. Meng die vulselbestanddele saam en smeer dit oor die kors.

KLAPPERBOLAAG

  1. Meng die bolaagbestanddele saam en skep dit bo-oor.
  2. Bak weer vir 25 minute of tot die bolaag liggies bruin is. Laat dit in die pan afkoel.
  3. Sny in skywe of blokkies.

Bron: 101 Kleinkoekie

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saartjie ·

Raai, kondensmelk werk net so goed soos gekondenseerde melk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.