Soorte resepte:

[Resep] Karringmelk-sjokoladekoek

Foto: Skottel en Spens

Karringmelk-sjokoladekoek. Foto: Skottel en Spens

Voor jy met Nuwejaarsvoorneme begin, proe eers dié vir oulaas…

Bestanddele:

  • 2 k koekmeel
  • ½ k botter
  • ½ k warm water
  • 2 eiers
  • 1 t kremetart
  • 1 t koeksoda
  • 1 ½ k suiker
  • ¼ k kakao
  • ½ – 1 k karringmelk
  • 1 t vanielje-essens
  • ʼn knypie sout

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die droë bestanddele saam.
  2. Klop die botter en suiker tot room.
  3. Voeg die goedgeklitste eiers by en dan die kakao gemeng met warm water.
  4. Voeg die droë bestanddele om die beurt met melk by. Voeg die vanielje by.
  5. Bak vir dit 20 tot 30 minute (of langer). Verdubbel die bestanddele vir ʼn groot koek.

Bron: Skottel en Spens
Uitgewer: Duto Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SNEL ·

Die koek lyk heerlik, nou moet maroela net n lekker versiering (icing) reseppie vir ons plaas om die koek mee af te rond.

elsabe ·

Snel….ek stem saam…..ek is alewig in ‘n dwaal wat versiersuiker aanbetref en die koek wat so ekstra donker is fasineer my…. Dit lyk na ‘n heerlike klam koek – maar ek sien geen olie in die resep – aanvaar die karringmelk is daarvoor verantwoordelik! Dankie Maroela Media – ek het al sulke lekker resepte by julle gekry!

elsabe ·

Gits my kommentaar wat ek geplaas het, her erens in die mis verdwyn – ek se maar net baie DANKIE Maroela Media vir die heerlike resepte! Stem saam met SNEL – sal ‘n versiersuiker-resep op prys stel – ek is alewig onseker daaroor!

Sharon ·

En die versiersuiker?
Waar is dié resep? Dit lyk dan so lekker.
Ek kan nie die koek probeer as ek nie ook daardie einste versiersuiker kan maak nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.