(Uit: 50 Beste gebak uit Vrouekeur, Marlo Carstens)
Lewer 1 koek
Bestanddele:
Koek
- 4 ekstragroot eiers
- 375 ml olie
- 375 ml strooisuiker
- 500 ml koekmeel
- 7,5 ml koeksoda
- 5 ml bakpoeier
- 10 ml fyn kaneel
- 2,5 ml gemengde speserye
- knippie sout
- 185 ml klapper
- 185 ml rosyntjies
- 50 g (½ pakkie) pekanneute, fyngekap
- 750 ml geskilde, fyngerasperde wortels
Versiersel
- 125 g (¼ blok) sagte botter
- 500 g (4 x 250 ml) versiersuiker, gesif
- 125 g (½ bakkie) laevetroomkaas
- 50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
- knippie fyn kaneel
Metode:
- Voorverhit die oond tot 160 °C.
- Voer twee ronde losboomkoekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier uit.
Koek
- Klits die eiers, olie en strooisuiker vir 5 minute.
- Sif die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, kaneel, gemengde speserye en sout saam.
- Roer die klapper, rosyntjies, pekanneute en wortels by die meelmengsel tot goed gemeng.
- Roer die eiermengsel by die meelmengsel tot goed gemeng.
- Skep die beslag in die twee ronde losboomkoekpanne wat met bakpapier uitgevoer is.
- Bak vir 50 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Laat bietjie in koekpan afkoel. Keer op ’n afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel en trek die bakpapier af.
Versiersel
- Verroom die botter en klits die versiersuiker bietjies-bietjies by.
- Roer die roomkaas by die versiersel tot goed gemeng.
- Smeer die versiersel op die koeke. Plaas lae bo-op mekaar en rond met gekapte neute en kaneel af.
Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa